|
Katse Dam (Hoogste dam in Afrika) 160.0 km
Golden
Gate 50.0 km
Clarens
34.0 km
Surrender
Hill 24.0 km
Basotho
Kulturele Dorpie 66.0 km
Boesman
rotskuns - Wyndford Vakansieplaas 4.0 km
Meiringkloof
2.0 km
Bethlehem Lughawe 50.0 km
Ficksburg
46.0 km
Fouriesburg
is tydens die Anglo-Boereoorlog as hoofstad van die Vrystaat geproklameer
aangesien staatspresident Steyn vir 'n tydlank in die dorp gebly
het. Die dorp is ook bekend vir die vele sandsteengeboue.
Surrender
Hill is 'n herinnering aan gevalle soldate aan die Britse en Boerekant.
Vierduisend boerekrygers het hier oorgegee waarvan die meerderheid
as krygsgevangenes na Indië gestuur is. Die Surrender Hill
maraton wat as kwalifisering vir die Comrades dien, vind jaarliks
op die laaste Saterdag in Februarie plaas.
Salpeterkrans,
die grootste sandsteenoorhang in die suidelike halfrond, word steeds
deur plaaslike stamme as plek van aanbidding gebruik.
Die
omgewing is ryk aan Boesmansrotskuns. Verskeie plekke kan besoek
word, waaronder dié op die Wyndfordplaas.
Fouriesburg
is 'n gerieflike basis om te gebruik vir 'n besoek aan Ficksburg
se Kersiefees in November.
Die
Oos-Vrystaat bied heelwat geleentheid vir avonturiers. Daar is 'n
verskeie staproetes; die sandsteenberge is die ideale plek vir abseil
en rotsklim, terwyl 4X4-roetes ook uitdaging bied.
|